News

Perskom Moorreesburg

Perskom Moorreesburg het besluit om vir ons sosiale funksie vanjaar ‘n “Around the World” safari ete te hou.

Ons het 4 kollegas gevra om hulle huise vir ons oop te maak waar ons dan by elke huis onderskeidelik pre-drinks, voorgereg, hoofgereg en nagereg bedien het.

Ons het die kantoor opgedeel onder die 4 huise en vir elke huis ‘n maalgang gegee.

Elke span kon self sy eie land kies. Elke huis moes natuurlik kos/dranksies voorberei wat sy land die beste uitbeeld, aantrek soos die land asook ‘n aktiwiteit vir ‘n ice breaker.

  • Pre Drinks – Hawaii (Hier het ons baie lekker Akala Wai’ona cocktails gekry. Die hele huis was opgemaak in pynappels en blare. Hulle speletjie was “Pass the coconut” en die wenner hier was Carmen Peterson. Sy het ‘n pynappel gewen)
  • Voorgereg – Italië (Vir voorgereg het ons gevulde pizzacones gekry met Campari drankies daarby. Hulle speletjie was Tambola. Dit is die Italiaanse bingo. Pryse op die spel was R 2, R 3, R 4, R 5 en R 10. Die persoon wat hier die meeste gewen het was Jeandre Robbertse
  • Hoofgereg – Mexico (Hoof gereg was by Jannie se huis. Sy vrou het vir ons natchos, gestoomde mielies en hoender enchiladas gemaak. Jannie het ook vir ons steak en Mexican barbeque ribbs gebraai. Frozen margheritas en strawberry daiquiris was die drankies. Hulle het ook 2 piñata’s gehad waarmee die mense hulle deur die aand kon besig hou.
  • Nagereg – Switzerland (Vir nagereg het ons ‘n chocolate fondue met chocolate cupcakes en chocolate mouse gehad. Hulle speletjie was ‘n vasvrae oor Switzerland. Die Hawaii span het hier gewen)

 

Om die aand bietjie meer opwindend te maak het ons pryse gegee vir die huis wat sy land die beste uitgebeeld het asook vir best dressed.

Elke persoon het aan die begin van die aand ‘n paspoort ontvang waarin hy sy punte vir elke land kon gee asook sy stem vir best dressed. Die huise was beoordeel op ‘n punt uit vyf vir smaak, onthaal en tema.

By elke huis was ook “passport control” gehou en was elke persoon in gestempel om sy punte te kon laat tel.

Aan die einde van die aand was al die paspoorte ingeneem en het perskom die stemme getel.

Die huis wat sy land die beste uitgebeeld het was Mexico. Op hulle hakke was Italië met NET 0.4 punte verskil, 3de plek was Hawaii en 4de was Switzerland.

Best dressed was deur Coenie Koch gewen. Hy was deel van die Italiaanse span en was aangetrek soos die Italiaanse mafia.

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie gebruik of staatgemaak word op as professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak atyd jou finansiële adviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)