News

Nuwe kantoor in Malmesbury

Ons is opgewonde om u mee te deel dat ons nou ook ‘n kantoor in Malmesbury geopen het om ons kliëntebasis in dié area uit te brei.

Kort na die opening van die kantoor het ons besluit om met, Coetzee Rossouw en Viljoen, ‘n bestaande rekenmeestersonderneming in Malmesbury, saam te smelt.  Die nuwe kantoor sal vanuit hulle bestaande perseel bedryf word deur personeellede van beide firmas. Die vennote van beide firmas glo die nuwe onderneming sal sinergie bewerkstellig en pro-aktief vir kliënte waarde toe voeg.

Die kantoorbesonderhede is as volg:

Adres: Voortrekkerweg 99, Malmesbury, 7299
Tel:       022 482 2946