News

Dieseleise

Foute word dikwels begaan ten opsigte van dieseleise. Hieronder volg ’n paar kernpunte om ingedagte te hou in verband hiermee:

  • Diesel mag vir die BTW-periode net op dieselverbruik geëis word en nie op dieselaankope nie.
  • Slegs diesel wat gebruik word vir die primêre produksie mag geëis word; personeelvervoer en die gebruik van plaasbakkies word byvoorbeeld uitgesluit.
  • Diesel-aankoopfakture, bate-aankoopfakture en ’n bewys van betaling moet vir vyf jaar gehou word.
  • ’n Logboek vir dieselverbruik en stoor moet gehou word (sien SARS se voorbeelde hieronder).

Dieselverbruik-logboek

http://www.sars.gov.za/AllDocs/LegalDoclib/Drafts/LAPD-LPrep-Draft-2013-17%20-%20Draft%20Tariff%20Amendment%20Diesel%20Usage%20Logbook.pdf

Dieselstoor-logboek

http://www.sars.gov.za/AllDocs/LegalDoclib/Drafts/LAPD-LPrep-Draft-2013-16%20-%20Draft%20Tariff%20Amendment%20Diesel%20Storage%20Logbook.pdf

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)